About Us
 

MBriers Landboudienste is geleë in Riversdal in die Suid-Kaap en bestaan al die afgelope 13 jaar.  Die boerdery vertakkings wat in ons omgewing voorkom is baie gediversifiseerd en daarom lewer ons diens aan ‘n wye verskeidenheid van die omgewing se behoeftes. Ons het ‘n perseel agter die geboue van Tuinroete Agri.  In 1999 het MBriers Landboudienste die werkswinkel by Tuinroete Agri oorgeneem en in 2010 is die totale meganisasie oorgeneem wat ook ‘n werkswinkel en parte afdeling te George insluit.
Ons verkoop nuwe sowel as tweedehandse trekkers en implemente en is handelaars vir die volgende produkte:

  • Massey Ferguson
  • Kubota
  • Hardi
  • Jupidex (Kverneland)
  • Erdvark
  • Falcon
  • Tomcat
  • Drotsky
  • Tuffy
  • Amazone

Die werkswinkel beskik oor goed opgeleide personeel wat gereeld kursusse doen om sodoende herstelwerk en dienste van trekkers en implemente te kan doen.  In die sweisafdeling word staalstrukture opgerig deur ‘n span bekwame manne, tralies vir voertuie gemaak, patente op masjienerie opgebou en staalwerk volgens behoefte daagliks gedoen.

MBriers Landboudienste poog om te alle tye ‘n puik diens te lewer en na verkoopdiens is ‘n groot deel daarvan.  Wedersydse respek en eerlikheid met ons kliënte is vir ons prioriteit om sodoende ons naam te bou en besigheid uit te brei.